Showing posts with label Passie vir lewe. Show all posts
Showing posts with label Passie vir lewe. Show all posts

Monday, August 23, 2010

Ode aan my boetie

Hoe kan woorde ooit beskyf…

Hoe kan woorde ooit beskyf
Die impak van jou woorde op my siel?
Hoe kan wysies ooit omskryf
Die passie van jou lewensreis?

Want jy laat my tweemaal kyk
Na die siel van my bestaan.
Laat my wil uitreik
na my drome vir môre
en dit vasvang in vandag…

en my hart breek in tienduisend stukkies
van vreugde, herinneringe, pyn, liefde, drukkies
passie vir JESUS


want jy’t intens liefgehad,
intens gelewe,
en uiteindelik…

intens gesterwe


So hoe omskryf mens in woorde
die dade van ‘n hero?
Want al was jy nie foutloos nie
het jy sonder blaam gegaan.
Jy wat vrede bewaar het
terwyl jy jou man kon staan.
Jy wat liefde uitgedeel het
sonder om dit ‘n cliché te maak.
Jy wat elke sekonde gelééf het
… en binne sekondes gestérf het.
Want selfs in jou dood het jy liefde beskerm
Jou GROOTSTE liefde op aarde…jou maat.

Die HERE tel my hartstukkies op
En plak dit weer vas met Epoxy-gom genaamd LIEFDE’nGENADE.

En regdeur jou lewe, jou bestaan,
loop ‘n goue draad
- liefde passie omgee -
no compromise on your faith…
en dis daai goue draad waarna ek gryp
want daarin lê die resep vir ‘n vol lewe
maar joune was nie ‘n resep nie…
dit was ‘n roeping

Nou hoe kan woorde ooit beskryf
Die essence van jou bestaan?

©Ronél Swart, 2010